Deprecated: Function ereg_replace() is deprecated in /home/eksderde/public_html/plugins/content/jwsig.php on line 78
Notice: Undefined index: JPG Support in /home/eksderde/public_html/plugins/content/jwsig.php on line 80
Notice: Undefined variable: gd_support in /home/eksderde/public_html/plugins/content/jwsig.php on line 83
Dorps Uitreike
Eksderde Manne en Vrouekampe is betrokke by verskeie bedieninge, en het daarom vroeg in 2003 ook begin om die dorpe wat kampgangers na die kampe toe stuur, te besoek. Jan Bronkhorst en nog Eksderde lede besoek persoonlik die dorpe, met die uitsluitlike doel om in hulle eie dorpe verhouding te bou met die kampgangers. Die verdere doel is om aan die kampgangers te toon dat, aangesien hulle so gereeld bereid is om na ons kampe toe te ry, ons ook bereid en gewillig is om hulle te besoek.
Tydens hierdie uitreike word daar fisies met groepe kampgangers, manne, sowel as vroue, sommer net gekuier rondom 'n braaivleis, of in 'n koffiewinkel - of selfs op 'n rivierboot! Hierdie uitreike word gewoonlik op 'n Dinsdag gehou en poog ons om elke tweede Dinsdag 'n ander dorp te besoek. Die besoeke word gewoonlik gereël vir die namiddag of vroegaand, aangesien kampgangers nie altyd by hulle werk kan afkry om saam met Jan hulle te kuier nie.
Daar word nie noodwendig enige Woord gedeel op hierdie uitreike nie, maar sal Jan hulle op versoek van enige dorp wel bereid wees om enige geestelike aspek wat op die kampe hanteer word, met die kampers in die dorp te bespreek of in meer detail te verduidelik. Op versoek sal toekomstige kampinligting ook aan die betrokke groep oorgedra word.
Dorpe wat reeds sedert Februarie 2003 besoek is, sluit in Louis Trichardt, Sasolburg, Polokwane, Tzaneen, Potchefstroom, Fochville, Northam, Brits, Roedtan, Marken, Krugersdorp, sasolburg, Vanderbijlpark, Port Elizabeth, Jeffreysbaai, Skuitbaai, Kaapstad, Robertson, Dansbaazi, struisbaai ens.
Indien u dorp belangstel, en ons het nog nie by u besoek afgelê nie, raak gerus by ons uitreike betrokke - Reël so 'n middag/aand en ervaar hoe dat God jou in jou dorp gebruik!!
