Jeugkampe 13 tot 18 jaar

Eksderde Jeugkampe se visie is om soveel moontlik Jongmense se lewens permanent te verander om ‘n verskil te maak in die wêreld daar buite. Ons help die jeug om te fokus op die positiewe dinge in die lewe en om te heers oor hulle omstandighede deur lesings en games, sodat vandag se jeug tot hulle volle potensiaal kan lewe. Die jeug van vandag het ‘n groot aanslag vanuit die wêreld, maar daar is NIKS wat te groot is vir God nie. Daarom moet tieners weet dat hulle tot ALLES in staat is deur Christus Jesus wat hulle die krag gee.

  • Koste: Gratis
  • Tyd: Inskrywings begin Maandag 14h00 en die kamp is Vrydag om 12h00 klaar.
  • NB: Ouers moet asb hul kinders om 12h00 kom oplaai, om `n verkeersophoping op die grondpad te voorkom (Die volgende kamp begin 14:00)
  • Bring saam: Slaapsak en Kussing, Muskiet afweerder bv peacefull sleep, Flits, Warm baadjie, Notaboek, bybel, pen-Sonskerm, Tekkies, Sakgeld, Hoed, Plakkies, Slegs gemaklikke en ou klere wat kan vuil word, Eie medikasie, Handdoeke X2, Swemklere, Waterbottel, Toiletware
  • Los by die huis: Waardevolle besittings.
  • Indien jy `n Fasiliteerder wil word: (Druk hier vir meer inligting)
  • Kantoor Faks: 086 688 5101
  • Kantoor Email: kantoor@eksderde.co.za

Hoe om te bespreek in 6 maklike stappe:

Stap1: Druk die bespreek knoppie en beweeg af op die lys wat open om te kyk wanneer die besprekings vir die Jeugkamp oopmaak.

Stap2: Indien die kamp datum rooi vertoon is die kamp besprekings oop, druk op die rooi datum, vul die kampers se besonderhede in en druk bespreek. Geluk U kampers is suksesvol bespreek!

Stap3: Trek die e-pos met U besprekings nommer en Vrywaringsvorm af, bere die besprekings nommer op `n veilige plek, dit dien as U besprekings bewys.

Stap4: Print en vul `n Vrywaringsvorm, wat aan U e-pos aangeheg is, vir ELKE kamper wat U bespreek het in. Op die vrywaringsvorm gaan U gevra word om U besprekings nommer in te vul, geen vrywarings vorm sal aanvaar word sonder `n besprekings nommer nie, U vrywarings vorm is nie U bespreking nie, geen vrywarings vorm sonder `n geldige besprekings nommer sal aanvaar word nie.

Stap5: Stuur jou ingevulde vrywaringsvorm met geldige besprekings nommer na die kantoor deur middel van `n faks by 086 688 5101 of per epos by kantoor@eksderde.co.za Geen kamper sal toegelaat word sonder `n volledige vrywarings vorm nie!

Stap6: Lees deur al die inligting wat aan die vrywaring aangeheg is. Bring U besprekingsnommer saam wanneer U die kampers, Maandag vanaf 2uur, kom aflaai. Kampers word verplig om die  hele kamp by te woon van Maandag tot Vrydag. Eksderde Jeugkampe is `n 5 dag kamp pakket. Ons vra die ouers om ons te ondersteun in hierdie verband, vergunnings sal sleg gemaak word indien dit `n noodgeval is. Geniet die kamp!

Vrywaringsvorm NB :

U sal `n Vrywaringsvorm per e-pos ontvang nadat U die bespreking gemaak het. Print asb en vul `n vrywaringsvorm in vir elke kamper en stuur elke vrywaringsvorm per e-pos na kantoor@eksderde.co.za of per faks na 086 688 5101


2013 Kamp Datums:

1-5 Apr Foto’s
24-28 Jun
23-27 Sep
2-6 Des

Druk hier vir 2011 se Fotos

jeug_kampe0003jeug_kampe0011jeug_kampe0002