Meer oor ons
Eksderde Manne en Vrouekampe
Eksderde Manne en Vrouekampe is ‘n organisasie sonder winsoogmerk met die doel om mense te evangeliseer met die Goeie Boodskap van verlossing, geregtigheid en ‘n hoopvolle toekoms wat in Christus Jesus gevind word. Hierdie doel word nagestreef deur die aanbieding van gereelde naweekkampe, ontbyte, seminare en ander aktiwiteite gebaseer op die WOORD van GOD. Die organisasie word bestuur deur:
| Jan Bronkhorst | Hoof Uitvoerende Beampte | 082 551 0439 |
| Vinkie Bronkhorst | Administrasie | 082 554 2775 |
| Jeremie Strydom | Tesourier | 082 551 1666 |
| Elbie Bosh | Sekretaresse | 082 972 0858 |
| Alwyn van Heerden | Algemeen | 082 901 3131 |
Die organisasie funksioneer onafhanklik van enige kerkdenominasie en streef na die bevordering van interkerklike samewerking en eenheid.

Jan en Vinkie Bronkhorst
Mabula Manne en Vrouekampe het gedurende Julie 1998 ontstaan en het voorheen kampe aangebied op 'n Bosveld kampterrein binne die Mabula wildreservaat. Gedurende 1999 is ‘n bosveldplaas te Boschkop geskenk wat toe ontwikkel is om meer aktiwiteite te akkommodeer. Die kampgronde is ontwikkel en slegs twee kampe is daar aangebied, voordat die kampterrein erg verspoel en beskadig is gedurende Februarie 2000. Kampe is daarna vir 'n tyd lank op Pulani, buite Naboomspruit gehou. Sedert Julie 2000 het ons verskuif na die huidige Eksderde Kampterrein, ongeveer 25km Noord-Oos van Pretoria.
Mabula Manne en Vrouekampe se naam is aan die einde van 1999 verander na Eksderde Manne en Vrouekampe.
Eksderde bereik mense deur die volgende metodes:
Christen naweekkampe word gehou vir Manne, Vroue, Pare, Kinders 8-12 jaar ou en Tieners 13-19 jaar oud. Verskeie sprekers bedien die kampgangers met die Woord en praktiese leerervarings.
Meer gevorderde kampe met ‘n spesifieke fokus word ook van tyd tot tyd aangebied.
Uitreike na dorpe wat die kampe besoek, word onderneem ten einde verhoudinge met die kampgangers te bou in hulle eie dorpe.
DVD's en CD's van elke lesing word aangebied en versprei ter ondersteuning van mense se persoonlike en gesinslewens.
Gebeds- en selgroepe wat vanuit die kampe ontstaan, wat die mense in hulle wandel met die Here versterk word in hulle tuisdorpe aangebied.
Missie
Eksderde se hoofdoel soos beskryf deur die konstitusie is:
“… die bediening van die Liggaam van die Here Jesus Christus, en word uitsluitlik bedryf en georganiseer om CHRISTELIKE EVANGELISASIE te bevorder …”
Visie
- Die fokus is die uitbreiding van die evangelisasiedoelwit.
- Bemarking van die kamp se aktiwiteite.
- Die maandelikse opdatering van die webblad met die jongste kampdatums, getuienisse, foto's en aktuele onderwerpe.
- Die uitstuur van gereelde motiveringsgedagtes en nuusbrokkies per e-pos en sms'e.
- Die uitstuur van briewe, e-pos of sms aan kampgangers na afloop van elke kamp om sekere. beginsels te bevestig en betrokkenheid aan te moedig.
- Die plaas van ‘n bladsy artikel in die Erdekruik koerant elke maand.
- Visiedeling van die kampe en aktiwiteite met elke kamp, asook met uitreike na dorpe.
- Ondersteuning van ander bedieninge.
- Die kanalisering van fondse, materiaal en sprekers ter ondersteuning van ander bedieninge wat besig is om te vestig.
- Die ondersteuning van die kamplede in die gemeenskap.
- Die ondersteuning en vestiging van soortgelyke kampe elders binne en buite Suid Afrika.
Algemeen
Die Eksderde Kampterrein is 'n lekker kampgrond met slaapplek vir 420 persone en is in die bos. Hier is ook baie wild....kom kyk!
Eksderde hou elke maand `n gratis Mannekamp en twee gratis Vrouekampe, asook die eerste week van elke skoolvakansie 'n gratis Kinderkamp 8-12 jaar oud en 'n gratis Jeugkamp 13-19 jaar oud in die Bosveld met die doel om mense te evangeliseer met die Goeie Boodskap van verlossing, geregtigheid en 'n hoopvolle toekoms wat in Christus Jesus gevind word.
Ons visie is om mense vir 'n naweek uit hulle omgewing weg te vat, hulle by die Here uit te kry, toe te rus, te motiveer en hulle dan terug te stuur na hulle eie mense, hulle eie dorpe, hulle eie Kerke en hulle eie werke om daar 'n verskil vir Jesus te gaan maak. Dit gaan nie oor die kampe nie, maar om mense vir Jesus te wen en verhoudings te herste. Die klem vir die naweek val op verhouding met Jesus en vergifnis, mense kry ook die geleentheid om in die rustige Bosveldnatuur tyd te maak vir hulself. Die atmosfeer is baie ontspanne en daar word ook baie gelag en sommer net mekaar geniet. Die Kampe is uiters suksesvol met heelwat getuienisse wat ontvang word van verhoudings tussen egpare, ouers en kinders, en mense en hul Skepper wat herstel is, asook van mense wat 'n verskil maak in hulle gemeenskap en met nuwe ywer en hoop hulle loopbane aanpak.
Op die kampe word mense bereik deur die hou van:
- Christen naweekkampe vir Manne, Vroue en Pare, asook Kinder en Jeugkampe word elke eerste week van elke skool vakansie aangebied.
Die formaat van die kampe behels 'n spreker wat die kampgangers oor 'n toepaslike onderwerp leer, waarna almal wegbreek in klein groepies om dit verder te bespreek. Van die sprekers wat van tyd tot tyd lesings op die kampe aanbied is:
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| Gretha Wiid |
Joe van den Berg | Jan Bronkhorst | Henk en Sandra Barnard |
|
|
|||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| James Twine | Andre du Preez | Andre Bronkhorst | Adriaan Claasens |
|
|
|||
![]() |
![]() |
![]() |
|
| Danie Lodder | Neels Labuschagne |
Jan Botha |
Die lesings wat behandel word is:
- Skeppingsdoel
- Emosionele Bagasie
- Geregtigheid
- Lig van die werêld
- Gawes van die Heilige Gees
- Man/Vrou in die Huwelik
- Vergifnis
- Vaderhart
- Heilige Gees, my Helper
Eksderde Manne en Vrouekampe sien uit daarna om jou, jou familie en vriende op die kampe te verwelkom.
Alle navrae kan gedoen word by die kantoor by
082 805 0191 of Jan Bronkhorst by 082 551 0439.
Eksderde personeel:
|
|
|
||
| Ernie Gradwell, in die Kantoor | Cecilia Gradwell, in die Kantoor | Pieter, Hoof instandhouding |
Nomsa, aangestel oor die kombuis |
| Sarah, in die kombuis | Caroline, in die kombuis | Fransina, in die kombuis |
Lea, in die koffiekroeg |
| Reuben , algemene instandhouding |
Lukas, algemene instandhouding |
Promice, algemene instandhouding |
Johannes, in die Koffiekroeg |
|
|
|||











