Pick Your Languages
Terrein Verhurings
Deprecated: Function ereg_replace() is deprecated in /home/eksderde/public_html/plugins/content/jwsig.php on line 78
Notice: Undefined index: JPG Support in /home/eksderde/public_html/plugins/content/jwsig.php on line 80
Notice: Undefined variable: gd_support in /home/eksderde/public_html/plugins/content/jwsig.php on line 83
BOEK- EN KOFFIEWINKEL
Die Eksderde koffie - en boekwinkel is aan die begin van 2006 opgerig met die doel dat kampgangers kan kuier, ontspan en nuwe vriendskapsbande smee. Hierdie is `n ideale snoepwinkel met n groot verskeidenheid van peuselhappies soos koeke, biltong, sjokolade, roomys, skyfies en nog vele meer! Kampgangers kan ook hul dors les met heerlike koffie, tee, cappuccino, melkskommels, koeldrank en gegeurde water. Hedendaagse geestelike boeke, CD’s en DVD’s vir alle ouderdomme is ook beskikbaar vir aankope. Alhoewel hierdie winkel op die hoof kampterrein geleë, is dit ook beskikbaar vir kampgangers van die konferensieterrein en inwoners van die bosveld lodges.
